ATKV Goudini Spa

Restaurant Bestuurder

Job Location

Cape Winelands, South Africa

Job Description

ATKV-betrekkings ATKV-Goudini Spa Restaurantbestuurder Die ATKV is n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie en het n vakature vir n ervare restaurantbestuurder by sy vakansieoord, ATKV-Goudini Spa. Verantwoordelikhede Bestuur van die restaurant om winste te maksimaliseer; Sistematiese afhandeling en bestuur van relevante spyseniering- en administratiewe take; Moet toesien dat voedselvoorbereiding en -aanbieding keurig, aantreklik en volgens die nuutste markverwante spysenieringsmetodes en -standaarde aangebied word; Personeelbestuur, gehaltebeheer, kontrole en kombuisbestuur; Beplanning en saamstel van spyskaarte volgens resepte, hoeveelhede en kliëntbehoeftes; Kliënteskakeling en interne en eksterne dienslewering; Hantering van daaglikse kontantgeld, bestellings by verskaffers, kredietfakture en oorplasings; hulp in die opstel van maandstate; voorraad-, porsie- en sleutelbeheer; en Aflosdiens in die handelsafdeling. As jy graag vir so n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV en foto aan As jy graag vir so n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV en foto aan Vereistes n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in restaurantbestuur en spyseniering in die gasvryheidsbedryf en ten minste 4 jaar toepaslike ondervinding in n soortgelyke bestuursposisie; Deeglike kennis van finansiële aspekte soos kosteberekenings, bruto wins en voorraadbeheer; Kennis van gespesialiseerde voedselvoorbereiding, garnering en aanbiedingsmetodes, en die nodige ondervinding in kombuisbestuur, voorbereiding en bediening van à la carte- en buffet-etes en grootskaalse korporatiewe banket- en fynproewerspyseniering; en Vertroud met drank-, voedsel-, gesondheid- en veiligheidswetgewing in die gasvryheidsbedryf .

Location: Cape Winelands, ZA

Posted Date: 5/1/2025
View More ATKV Goudini Spa Jobs

Contact Information

Contact Human Resources
ATKV Goudini Spa

Posted

May 1, 2025
UID: 5155222242

AboutJobs.com does not guarantee the validity or accuracy of the job information posted in this database. It is the job seeker's responsibility to independently review all posting companies, contracts and job offers.